2 maande gelede
Hof vonnis 2 kabeldiewe tot 20 jaar tronkstraf
 ~ 

’N INWONER van Macassar het rooi gesien toe die buurt se krag langer as 24 uur af was.

Volgens Eugene Soobramoney het die krag Saterdag 08:00 afgegaan, maar eers gister 10:30 weer aangekom.

Hy sê hy het die Stad Kaapstad Saterdag gebel en is toe na Eskom verwys.

Ná vele oproepe na Eskom toe is hy meegedeel dat daar ’n kabelprobleem in die area is.

Son het gister bevestig dat dit nie load shedding was nie.

Soobramoney meen egter dat so iets nooit in meer gegoede woonbuurte sal gebeur nie.

  • Intussen is twee koperkabeldiewe op Maandag 1 April gevonnis nadat hulle op heter daad betrap is.

Die streekhof in Somerset-Wes het met die vonnis ’n sterk waarskuwing aan kabeldiewe gerig toe Warda Ndira (27) en Malwandi Ncokomvi (34) albei 20 jaar tronkstraf opgelê is.

Volgens die Valke het werkers van Eskom die twee op 8 Desember 2017 met R30 000 se koperkabels op ’n plaas in Firgrove gevang.

Die mans se vonnis is vir vyf jaar opgeskort. – Albert Bakkes en Ian Baard

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters