Verlede maand
Hof moet sê wat is toelaatbaar in Modack-borgaansoek
danie dorfling
SWAAR GEWIG: Adv. Danie Dorfling wil hê hoorsê kan nie gebruik word nie.  ~ Peter Abrahams

NAFIZ Modack se regspan wil hê die hof moet besluit wat is toelaatbare bewyse in die bail aansoek teen Modack en vyf ander beskuldigdes.

Vroeër het die staat etlike voice notes en smsse in die hof gespeel, van Modack en die ander verdagtes wat in die hofsaak gebruik gaan word.

Modack (40), ’n vermeende dikding in die Kaapse onderwêreld, en Zane Kilian (40) word verdink van die moord op die top-cop lt.kol. Charl Kinnear, wie op 18 September 2020 voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet is.

Modack, Kilian, Jacques Cronjé (50), Ricardo Morgan (36) en Ashley Tabisher (38) het almal Vrydag in die Blue Downs-streekhof verskyn op aanklagte wat sameswering, poging tot moord, korrupsie, oortreding van die wet op elektroniese kommunikasie en geldwassery.

Morgan, wat aangekla word van geldwassery en afpersing, het vroeër borgtog van R50?000 gekry.

Adv. Danie Dorfling, een van die swaargewigte van Modack se regspan, het gesê hoorsê kan nie gebruik word as bewyse in ’n saak nie.

"Hier is baie aandag van die media op die saak en openbare belangstelling, maar dit moenie die normale rules of bewyse oorheers nie. Ingeligte besluit moet geneem word."

Dorfling het ook gesê opnames wat op selfone gemaak word, moenie aanvaar word nie, omdat dit van enige plek af kan kom.

"Die betroubaarheid van die opnames moet eers vasgestel word.

"Die staat moet eers bewys dit is bewyse en hoorsê is nie bewyse nie."

Adv. Greg Wolmarans, een van die senior staatsaanklaers, het verskeie hofsake aangehaal waar regters gesê het sekere getuienes kan gebruik word as aansoek gedoen word om bail.

"As daar ’n sterk prima facie saak is, kan sekere getuies en hoorsê wel gebruik word."

Landdros Deon van der Spuy sal Vrydag 27 uitspraak lewer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters