Verlede maand
Hoës geskors ná wag in ICU beland
AANSPREEKLIK: Drie senior beamptes van die George-gevangenis is tydelik geskors nadat ’n inmate ’n bewaarder gelem het dat hy hospitaal toe moes gaan.  ~ Melinda Stuurman

DRIE senior beamptes van die George-gevangenis is na verneem word in die sop nadat ’n bewaarder gelem is en hospitaal toe moes gaan.

Die hoof en onderhoof van die tronk, asook die hoof van veiligheid, is na bewering tydelik geskors.

Alles het begin toe ’n verhoor­afwagtende inmate ’n bewaarder met ’n slot oor die kop geslaan het.

Dieselfde dag het twee ander in­mates mekaar met slotte aangerand.

Die areabestuurder het aanbeveel dat dié inmates na ander gevangenisse oorgeplaas word.

Maar volgens ’n betroubare bron is die inmate wat die beampte oor die kop geslaan het, net vir vier dae oorgeplaas.

Gekla

Die bron sê: “Hy is daarna teruggebring na sy ou seksie by die tronk.

“Die inmate wat deur ’n ander inmate aangerand is, is in ’n enkelsel geplaas. Hy het by sy familie gekla dat hy aangerand is, maar hy is toe nie na ’n ander tronk oorgeplaas nie.

“Hy wou ’n klag van aan­randing lê, maar die tronkhoof en die beampte wou hom nie toelaat nie.

“Die inmate het gekla by een van die beamptes wat die sel vir oefeninge oopsluit.

“Die beampte wou hom nie help nie. Toe gryp hy die beampte en steek hom verskeie kere.

“Die beampte is in die kop en nek gesteek. Hy is na die hospitaal geneem en in die waakeenheid opgeneem.

Geluister

“Die inmates val die bewaarders aan oor daar nie na hulle klagtes geluister word nie.

“Die areabestuurder het uitgevind die inmates is toe nooit na ’n ander tronk oorgeplaas nie. Van (die personeellede) is geskors.”

Mosele Sehloho, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het albei voorvalle bevestig.

Sehloho sê: “Daar is ’n ondersoek na die twee voorvalle.”

Volgens Sehloho is net twee beamptes tydelik geskors, hangende die uitslag van die onder­soek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters