2 maande gelede
Hoenderkamp goed vir niks
uitgevreet: Charleen Meintjies sê die polisie moet ophou eet en hul werk doen.  ~ 

INWONERS van Lavender Hill sê die polisie sit en vriet hulle heeldag dik terwyl mense soos vlieë val.

Volgens hulle bly dié area, veral Hillview, ’n slagveld – al het die cops onlangs ’n basiskamp as deel van Operation Thunder daar opgerig.

Toe die Wes-Kaapse premier, Helen Zille, en provinsiale minister van gemeenskapsveiligheid, Dan Plato, eergister by die kamp uitsteek, het die inwoners hulle uitgejou.

Zille se lyfwagte moes gou skarrel om haar in haar kar te kry toe die situasie begin warm raak.

Sy het haastig onder polisiebegeleiding uit die area verkas.

’n Inwoner, Shireen Mohamed, sê 73 mense is sedert November in Lavender Hill doodgeskiet.

Mohamed vertel hulle het ’n petisie vir polisiesigbaarheid met 2 000 handtekeninge aan die wyksraadslid gegee. Plato het toe kom gesig wys.

“Maar daar het nog f*kk*l gebeur. Daar is nog daagliks skietvoorvalle.

“Ons hou die DA en die boere (polisie) verantwoordelik vir al die moorde.”

Charleen Meintjies sê: “Dié kamp beteken absoluut f*kk*l.

“Die polisie sit en vriet Kentucky terwyl mense doodgeskiet word.”

bekommerd: Roland Netta sê skoolkinders moet daagliks bullets dodge.
gee pad: Helen Zille se lyfwagte vat haar na haar kar.
luister hier: ’n Inwoner, Henriette Crowster, konfronteer Dan Plato oor bendegeweld in Lavender Hill. Foto’s: Melinda Stuurman
uitgevreet: Charleen Meintjies sê die polisie moet ophou eet en hul werk doen.

Nog ’n inwoner, Roland Netta, sê kinders se lewe is in gevaar as hulle skool toe gaan.

Netta sak af: “Die base camp maak nie ’n verskil nie. Die polisie sit elke dag in die kamp en chat op hulle foon terwyl die skote buite klap.

“Gangsters terroriseer steeds die gemeenskap, want hulle (die polisie) is te gevrek om hulle werk te doen.”

Voor Zille weggejaag is het sy aan die inwoners gesê hulle kan anoniem wenke aan die polisie gee as hulle te bang is om geviktimiseer te word.

Maar Henriette Crowster sê hulle is bang die einste cops piemp hulle by die gangsters.

Crowster gaan aan: “Ons kinders val soos vlieë. Die polisie in die kamp sê hulle is nie hier vir bendegeweld nie.

“Hulle sê hulle is hier vir land invasion.”

’n Inwoner wat uit vrees vir viktimi­sasie anoniem wil bly, wys vinger na die inwoners self.

Sy sê: “Die mense moet net die waarheid praat. Hulle wéét waar die guns is.

“Hulle wéét wie skiet, maar hulle wil nie met die inligting na vore kom nie.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters