17 dae gelede
#KYK ‘Hit list’ bekyk
Grootmaakma en antie: Theresa Ruiters is in die voorste banke om haar susterskind te support.  ~ 

LYNETTE Volschenk se vermeende butcher het nog mense op sy “hit list” gehad.

Kyle Ruiters (24) van Bellville, wat nou pa staan vir die wrede moord op Volschenk (32), was gister weer in die Bellville Landdroshof.

Sy biologiese pa het sy grootmaakma en antie, Theresa Ruiters, na die hof vergesel.

Kyle se lawyer, Edward McCullum, het gesê hulle is nog nie gereed om ’n borgtog-aansoek te bring nie.

“Ons laat vaar nie die aansoek nie. Ons gaan dit net nie nou bring nie.”

Hy het ook gesê hy en sy span het geen van die inligting in die dossier gesien nie.

Die hof het van Clifford Moa­tlhodi, staatsaanklaer, gehoor die staat wag nog op baie uitstaande verslae. “Die DNS-verslag, die lykskouing en toneelfoto’s is nog nie gereed nie.”

Moatlhodi het gesê die staat sal borgtog teenstaan as daar ’n aansoek sou kom.

“Die staat het genoeg bewyse om te glo die moord was premeditated.”

Kyle woon saam met sy antie in die Seesig-woonstelle, waar Volschenk ook gebly het.

Op die dag toe sy vermoor is, het hy na bewering ’n Bybel by haar flat afgelewer en so in haar flat gekom.

Vroeër die dag het hy na bewering ’n saag gaan koop by ’n hardewarewinkel nie ver van die flats af nie.

Son verneem hy het hier met ’n verkoopsman gesels en hom oor die tipe saag uitgevra. Die footage is aan die polisie oorhandig.

Son het die hardewarewinkel besoek, maar die bestuurder wou geen kommentaar lewer nie, behalwe om te bevestig dat Kyle wel die saag daar gekoop het.

Uitgekies

Behalwe dit het Son ook verneem Kyle het ’n paar name op sy “hit list” gehad.

Die tweede persoon se Bybel was na bewering al voorberei en reg vir aflewering. Die Bybels het hy na verneem word by CUM Boeke Tygervallei gekoop, waar hy gewerk het.

Dit is onseker hoe die mense op die beweerde “hit list” uitgekies is.

Intussen kyk die polisie na die moontlikheid dat Volschenk nie sy eerste moordslagoffer was nie.

’n Ingeligte in die polisie sê die manier hoe Volschenk vermoor en opgesny is, dui daarop dat haar killer vorige experience het.

Theresa wou nie met Son praat nie. Sy het ook Kyle se pa verbied om te praat.

Buite die hof het SA Women­ Fight Back betoog.

“Sover is ons happy met hoe die saak vorder. Ons is hier om ons support aan die victim se family te gee,” het Natalie Carter van die groep gesê.

Kyle sal op 21 November weer in die hof verskyn.

Hy word in die Goodwood Gevangenis aangehou.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters