25 dae gelede
Hit eis polisiekapteins se seun
riaan nel
Riaan Nel is in Haltweg doodgeskiet.  ~ Foto Verskaf

DIE polisie het nog 'n sluipmoord op hul hande.

Dit volg ná die seun van ’n polisie-egpaar Woensdagmiddag in Haltweg in Elsies Rivier doodgeskiet is.

Beeldmateriaal van kringtelevisie wys die 28-jarige man was in die passasierskant van ’n voertuig toe die kar by die garage in Haltweg inry.

Hy spring heel gemaklik uit die kar en los die deur oop terwyl hy vir ’n paar sekondes in die winkel by die garage verdwyn. ’n Man geklee in, wat soos ’n wit kappietop en wit broek lyk, verskyn in die frame en staan casually by die uitgang van die garage.

Die passasier klim weer by die passasierskant in en die voertuig trek weg. Voor die kar by die res van die verkeer op Haltweg aansluit, skiet die man in die wit klere van close range op die kar aan die kant waar die pasassier sit.

Die slagoffer is intussen as Riaan Nel geïdentifiseer. Hy is die seun van twee polisiekapteins wat by die Bishop Lavis-opleiding kollege werksaam is.  

Sers. Noloyiso Rwexana, ’n polisiewoordvoerder, het die skietvoorval bevestig.

“’n Saak van moord is geopen en word deur die Elsiesrivier-polisie ondersoek.”

Rwexana sê toe hulle op die toneel kom, het die slagoffer reeds aan sy wonde beswyk.

Omstandighede rondom die voorval word steeds ondersoek. Niemand is nog aangekeer nie.

Die jong man se dood kom na bykans ’n week nadat lt.kol Charl Kinnear, baasspeurder van die teenbende-eenheid voor sy huis in Bishop Lavis doodgeskiet is.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters