2 maande gelede
Hit eis nog een
geskiet: Russel Petersen word vanaf die daghospitaal na Groote Schuur vervoer.Foto: peter abrahams  ~ 

EEN van die slagoffers wat tydens ’n skietorgie in die kop geskiet is, is aan sy wonde dood.

Russel Petersen (32) van Ardleigh Park in Retreat het gister in die vroeë oggendure in die Groote Schuur-hospitaal gesterf.

Petersen is die tweede victim­ van Dinsdagoggend se skietery in Cafda, waaroor Son gister berig het.

Die 21-jarige Miceala Youde­ is dood kort nadat sy geskiet is.

Drie ander mense is in die voorval gewond.

Edmund Abrahams en Owen Andrews is ernstig gewond en was teen gister nog in die hospitaal.

Nog ’n vrou wat skrams gewond is, is in die Retreatdaghospitaal behandel en ontslaan.

Petersen is Dinsdag in ’n kritieke toestand vanaf die Retreat-daghospitaal na die Groote Schuur-hospitaal oorgeplaas nadat sy familie die dokters daarvoor gevra het.

Hulle het alle hoop gehad dat hy sou herstel, maar voor middernag het Petersen se skoonsuster Eleanor Forbes Son in kennis gestel dat dit nie meer so goed gaan nie.

Forbes se boodskap lui: “My suster se man is steeds kritiek.

“Dis nou net ’n kwessie van tyd.

Miceala Youde
Russel PetersenFoto’s verskaf

“Sosiale media het nou alreeds op hol gegaan oor die skietvoorval.”

Sy het gevra dat Son asseblief diskreet sal wees.

Forbes het ure later weer ’n boodskap gestuur waarin sy sê Petersen het gesterf.

Die boodskap lui: “Russel het saggies afgesterf in die arms van Jesus.”

Forbes het aan Son gesê haar suster is nog te getraumatiseer om kommentaar te lewer.

Volgens Forbes wil hulle haar suster nie verder blootstel nie omdat die gemeenskap so oproerig is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters