3 jaar gelede
Henri vat hofsaak kop toe
Saam-Saam:Henri van Breda spog ook nou met ’n kaalkop, soos sy lawyers.Foto: Peter Abrahams  ~ 

VAN ’n Justin Bieber-kuif tot ’n kaalgeskeerde kop.

Só het Henri van Breda gister blink geskeer by die Kaapse hooggeregshof opgedaag vir die laaste stretch van die moordsaak van sy ouers, Martin en Teresa, asook sy broer, Rudi.

Hy het onskuldig gepleit op die moorde en ook onskuldig gepleit op die klag van poging tot moord op sy suster, Marli, asook op aanklagte van dwarsboming van die gereg.

Almal in die Van Breda-gesin is op 27 Januarie 2015 met ’n byl aangeval. Marli het die aanval oorleef, maar haar wonde het tot geheueverlies gelei.

Die staat en verdediging het reeds in November verlede jaar hul sake gesluit. Gister het die staat slotbetoë gelewer.

Adv. Susan Galloway, die staatsaanklaer in die saak, sê die Van Breda’s is met opset vermoor.

Onwaarskynlik

Dus sal ’n lewenslange gevangenisstraf op elke klag verlang word.

Galloway sê daar is geen bewyse dat met die landgoed se sekerheidstelsel gepeuter is en dat dit foutief was nie. Dit is dus onwaarskynlik dat die aanvaller ’n vreemdeling was wat by die huis ingebreek het. Ook is niks gesteel die aand van die moorde nie.

Galloway het ook gesê Henri se beserings is self toegedien.

Volgens die staat is Henri se storie oor wat die aand plaasgevind het, ook aangepas soos hy aangegaan het.

Volgens Galloway kon Henri sommige dinge goed onthou en ander glad nie.

Hofgangers was geskok en nuuskierig om Henri met die pankop te sien.

Hoewel ander meen dit is om by sy regspan (wat ook twee kaalkoppe insluit) te pas, meen ander egter dit is om water te bespaar.

Die saak duur voort.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters