2 jaar gelede
Henri "poog selfmoord"
Henri van Breda tydens uitspraak. Foto: Peter Abrahams  ~ 

Die bylmoordenaar Henri van Breda is glo vanoggend vroeg in die Karl Bremer-hospitaal in Bellville opgeneem.

Daar was gerugte dat Van Breda selfmoord probeer pleeg het, maar dit kon nie dadelik bevestig word nie. Sy toestand blyk egter van 'n ernstige aard te wees, aangesien hy vanaf die noodgevalle-eenheid na die operasieteater oorgeplaas is. 

Van Breda is verlede week deur regter Siraj Desai skuldig bevind aan die moord op sy ma, Theresa, pa, Martin, en broer, Rudi, en aan poging tot moord vir die aanval op sy suster, Marli.

Son kan eksklusief berig dat Van Breda is vanoggend deur bewaarders na Karl Bremer geneem is, waar hy eers in die noodgevalle-eenheid behandel is.

By Son se aankoms by die hospitaal was dit duidelik dat sekuriteit daar aansienlik opgeskerp is. Van Breda was toe nog in die noodgevalle-eenheid.

’n Bron by die tronk het aan Son gesê Henri het probeer selfmoord pleeg.

Die regter het beslis dat Henri in Pollsmoor-gevangenis aangehou word, tot Dinsdag 5 Junie wanneer hy weer verskyn vir vonnisoplegging.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters