2 jaar gelede
‘Helper’ voor
bly sit: Inwoners van Eureka Estate betoog vroeër voor die Goodwood-landdroshof met plak­kate teen borgtog vir die beskuldigde. FOTO VERSKAF  ~ 

DIE cops is op soek na die ma van die twee­jarige meisie wat na bewering verkrag en mishandel is.

Ursula Pace (30), wat na die meisietjie omgesien het, het dié week in die Goodwood-landdroshof verskyn op ’n aanklag van ernstige aanranding.

Pace, van Elsiesrivier, is Vrydag by haar huis in Craigstraat in Eureka­ Estate gearresteer.

Haar boyfriend, wat in ’n rolstoel sit, meen die klagte teen haar is ongegrond.

Volgens die boyfriend, Gershwin Enslin (28), was Ursula nog net goed vir die ma en die meisietjie. Hulle het rondgeswerf.

Enslin sê: “Die ma en kind het altyd by my girlfriend gekom.

“Sy het hulle versorg en vir hulle kos gegee.

“Die ma het met die kind op die straat gebly en gekom en gaan soos sy wil.

“Die kind se ma is op drugs en het net verdwyn en die kind by ons gelos.

“Toe hulle hier kom, was die kind en ma erg verwaarloos. Hulle albei se hare was vol luise.

“My girlfriend het hul hare afgesny en versorg.

“Die kind se ma is die enigste een wat weet wat met haar kind gebeur het.

“Sy het met daai kind so by ons gekom.

“My girlfriend is die ma van twee seuntjies en sy sal nie so iets aan ’n kind doen nie!”

Gebrand

Volgens Enslin was Pace Woensdagmiddag besig om oogsalf aan die kind se oë te smeer toe Debbie van Rensburg die kind by haar kom haal.

Hy beweer die kind se oë was toe en het getraan en gebrand.

Volgens Van Rensburg (53) het mense in die omtrek haar gevra om die kind te gaan haal oor sy die vorige dag baie gehuil het.

Sy vertel: “Die kind het blou kolle aan haar rug en aan haar bene gehad.

“Ek het die kind droog gemaak en gesien daar is brandmerke in haar lieste en ook op haar vagina en agterstewe. Ek het die polisie en die ambulans gebel.

“Die dokter by die Karl Bremer Hospitaal het bevestig die kind is van voor en agter verkrag.”

Die meisietjie is steeds in die hospitaal.

Die 30-jarige vrou sal op 5 Maart weer in die Goodwood-landdroshof verskyn.

Sy sal dan om borgtog aansoek doen.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters