2 dae gelede
Helpende hand hou paartie
BIRTHDAY GIRL: Gennivieve Marques gee om vir mense.  ~ Foto Verskaf

GENNIVIEVE Marques van Chestnut Place in Belhar het twee weke gelede haar 60ste verjaardag gevier.

Sy het van die ouer mense vir die paartie genooi.

Dié gemeenskapswerker het ’n organisasie, Sharing and Caring, begin en sien na die oues van dae in haar omgewing om.

“Ek het op 2 Oktober my 60ste verjaardag gevier.

“Ek het ’n paartie vir die gemeenskap gehou. Dit was meer vir die ouer mense.

“Ek wou die ouer mense daar hê om my verjaardag te deel en toe bring hulle ook vir my geskenke, wat ek nie verwag het nie.

“Hulle sê hulle wou net dankie sê vir wat ek vir hulle doen.”

Marques sê hul organisasie gee vir mense kos en soms klere ook.

“Ons probeer minderbevoorregte mense help.”

Marques voeg by die organisasie is begin toe Covid-19 uitgebreek het.

Sy sê Shoprite help hulle ook en die City het ’n stoof en potte geskenk.

Mense wat ook skenkings wil doen, kan Marques bel by 084 371 6471.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters