12 dae gelede
Help polisie soek na vermiste tiener
vermis
Linda Soboyce is vanaf 28 April vermis  ~ Foto Verskaf

DIE polisie is op soek na 'n vermiste 15-jarige meisie van Elsiesriver.

Linda Soboyce is laas gesien toe sy na 'n partytjie in Valhalla Park op 28 April 2021 gegaan het.

Sers. Noloyiso Rwexana, 'n polisiewoordvoerder, bevestig dat die tiener die betrokke dag omstreeks 16:30 laas gesien was.

"Bishop Lavis se  FCS-eenheid soek die publiek se hulp om die vermiste tiener, op te spoor. 

"Linda is laas op 28 April 2021 gesien toe sy na 'n partytjie vertrek het. Sy het nooit weer huis toe gekom nie."

Sy het ten tye van haar verdwyning 'n wit vest, swart baadjie, blou jeans en rooi en silwer tekkies aangehad.

Die tiener is skraal gebou, het bruin oë en kort hare.

Enigieen met inligting kan die ondersoekbeampte konst. Carelse by 071 993 4405 of Pink Ladies by 072 214 7439 bel.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters