4 maande gelede
Help met care packs
Candice Manuel
Candice Manuel  ~ Foto Verskaf

TERWYL die meeste mense nog winkels toe storm, is daar honderde ander wat nie kan nie.

Hierdie mense sluit bejaardes in, veral dié wat woonagtig is in ouetehuise.

Dís waarom Candice Manuel van Panorama wat die stigter van Embrace Your Curves en ’n model is, ’n beroep op die publiek doen om bejaardes te ondersteun.

“Met die huidige situasie moes ons ons gewone charity events vir die volgende maande kanselleer, maar ons wil steeds goed doen deur terug te gee.”

Manuel sê haar doel is om nou aan ouetehuise care packs te verskaf. Dit is omdat daar baie bejaardes is wat nie die kans sal hê om uit te gaan of die fondse het om items soos sanitiser te koop nie.

“Ons versoek aan die publiek is om items soos handsanitiser, toiletpapier, body wash en anti-bacterial wipes te skenk.”

Boodskap

Sy versoek ook die publiek om, as hulle kan, ekstra maskers en handskoene te donate.

“Ons dink ook daaraan om tandepaste en tandeborsels aan bejaardes te skenk.”

Dié wat wil, kan ’n boodskap op Embrace Your Curves se Facebook-blad stuur vir die besonderhede om uit te vind waar die items afgelaai of opgetel kan word.

Mense kan ook ’n e-pos stuur aan candashian@gmail.com vir meer inligting.

“Terwyl ons in die krisis is en terwyl ons nie ons gewone collection drive kan doen nie, wil ek graag die publiek aanmoedig om hierdie veldtog te ondersteun. Ons hoop julle kan ons help om terug te gee in hierdie tyd,” sê Manuel.

Die items sal deur die MLL Project – Giving Back to the Elderly oorhandig word aan die ouetehuise wat dit benodig.

Die bogenoemde items kan tot Donderdag gedonate word.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters