9 dae gelede
Helikopter vlieg vrou hospitaal toe ná crash
HULP UIT LUG: Paramedici laai ’n erg beseerde vrou in die helikopter.  ~ Christa Prinsloo

’N HELIKOPTER is gebruik om ’n beseerde vrou na ’n hospitaal te neem nadat haar kar en ’n motorfiets by ’n botsing betrokke was.

Die voorval het Maandagoggend in die hoofstraat van Vishoek gebeur.

Deanna Bessick, ’n woordvoerder van Emergency Medical Services (EMS), sê EMS het hulle na die toneel gehaas toe hulle ingelig is van die ongeluk.

“Die ongeluk het 08:49 op die hoek van Sunray­straat en die hoofstraat van Vishoek gebeur.

Haal

“ ’n Man op die motorfiets en die kar het gebots en die man is deur ’n ambulans na die Constantiaberg Hospitaal geneem.”

Volgens Bessick is SkyMed ook van die ongeluk in kennis gestel. ’n Helikopter het die vrou kom haal en na die Groote Schuur Hospitaal geneem.

Dis nog nie seker watse tipe beserings die twee mense opgedoen het nie.

Die oorsaak van die ongeluk word nog ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters