6 maande gelede
Harde werk en bystand laat dié klomp uitblink
BESTE: Kurishka Kanza (18) is die top-matrikulant by die Hoërskool Ravensmead. Foto’s: JONATHAN LESTRADE  ~ 
GELUK! Chenia Matthews, Llewellyn Janawaarie en Kimberley Februarie is uit hulle vel van blydskap oor hulle geslaag het.

DIE Hoërskool Ravensmead het met ’n 93,3%-slaagsyfer gespog.

Die topvyf-matriekleerders van 2018 is Kurishka Kanza, Ashrinne Cupido, Moesha Fielies, Laverne Jordaan en Waudeley de Bruyn.

Van die top-leerders het in toerisme en tale uitgeblink.

Die skool het 109 ma­triekleerders gehad, van wie 6 gedruip het.

Die skoolhoof, Joseph Bouman, het 2018 as ’n uitdaging beskryf.

UITBUNDIGE VREUGDE: Ezelma Kiewiets (tweede van regs) van die skool se beheerliggaam saam met van die matrieks.

Volgens Bouman was die meeste van die leerders akademies nie sterk nie. Hulle het in skoolvakansies, naweke en ná skool klasse aangebied om die leerders vir die eind-eksamen voor te berei.

Gewerk

Hy het die ouers en onnies bedank vir hulle ondersteuning aan die leerders.

Volgens Kurishka, die top-leerder, wil sy graag dié jaar vir ’n rekenmeester gaan leer.

“Ek het nie verwag om so goed te doen nie. Ek het deur die jaar hard gewerk en ekstra klasse bygewoon.

BESTE: Kurishka Kanza (18) is die top-matrikulant by die Hoërskool Ravensmead. Foto’s: JONATHAN LESTRADE

“My doel was om net te slaag en dié jaar verder te gaan studeer.”

Leerders wat gedruip het, is aangemoedig om die aanvullende eksamen in Mei af te lê.

Ál die skool se matriekleerders het Afrikaans, Engels en toerisme geslaag.

In besigheidstudies het 29 van die leerders gedruip en in lewenswetenskap 11.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters