13 dae gelede
Happy Valley se mense glad nie happy
GETEIKEN: Dié lorrie is in Rangeweg in Happy Valley, Blackheath, met ’n petrolbom gegooi.  ~ Foto Verskaf

HAPPY Valley in Blackheath was Woensdag gespanne maar stil.

Dít volg ná betogings oor grondbesettings wat die laaste paar weke soos ’n veldbrand deur die Kaap versprei het.

Woedende betogers het Dinsdag hul frustrasies op die voertuie uitgehaal wat in Range­weg gery het.

Karre en lorries is met bakstene en klippe bestook.

Een lorrie is Dinsdagmiddag op dié einste pad aan die brand gesteek.

Geopen

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

Volgens hom is niemand tot dusver gearresteer nie, maar ’n saak van openbare geweld is geopen en sal ondersoek word.

Happy Valley is die hoeveelste gebied waar grondbesetters met die polisie koppe stamp.

Van die ander areas waar daar protesaksie oor grondbesettings was, sluit in Bloekombos naby Kraaifontein, Mfuleni, Delft en Khayelitsha, sowel as Lwandle in die Strand.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters