2 maande gelede
Hannah se vriend huilend in hof
hannah cornelius
Cheslin Marsh se ma vee sy trane af.  ~ Shantel Moses

EMOSIONELE tonele het vroeër in die Kaapse hooggeregshof afgespeel toe Cheslin Marsh snikkend getuig het van die aand toe hy aangerand en ontvoer is.

Marsh se ma het saam met haar seun gehuil.

Regter Rosheni Allie moes die hof verdaag vir Cheslin om te kalmeer.

Cheslin en sy medestudent, Hannah Cornelius, is op 27 Mei 2017 voor sy koshuis in Birdstraat, Stellenbosch ontvoer. Sy is verkrag en vermoor.

Vier jongens loop hof vir die verkragting en moord asook die ontvoering en aanranding van Marsh.

Hy het onbeheers gehuil toe hy aan die hof vertel het hoe hy aangerand is.

"Hulle het my by bosse uitgelaai. Elkeen met bakstene gewapen."Cheslin se hulle het hom met klippe bestook en aangerand tot hy sy bewussyn verloor het.

Toe hy bykom en by 'n huis gaan klop het die mense daar vir hom weggejaag soos 'n hond en die polisie vir hom gebel."

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters