2 maande gelede
Hannah se pel vrees 4 in hof
HANNAH CORNELIUSFOTO VERSKAF  ~ 

HY WAS magteloos.

Só het ’n emosionele Cheslin Marsh (22) gister beskryf hoe hy gevoel het toe hy en Hannah Cornelius voor sy koshuis beroof en ontvoer is.

Cornelius (21), ’n Matie, se lyk is op 27 Mei 2017 in die bosse naby ’n wynplaas in Stellenbosch gevind.

Vernon Witbooi, Geraldo Parsons, Eben “Ses” van Niekerk en Nashwill “Pikes” Julies loop hof vir Cornelius se verkragting en moord.

Hulle staan ook tereg op klagte van roof, ontvoering en poging tot moord.

Marsh was die staat se eerste getuie in die Kaapse hooggeregshof.

Hy was emosioneel en vreesbevange, veral wanneer hy in die rigting van die beskuldigdes gekyk het.

EMOSIONEEL: Cheslin Marsh het gehuil toe hy getuig het. Foto: PETER ABRAHAMS

Hy het gesê hulle twee was in ’n groep Maties wat op die vooraand van 27 Mei hard gepaartie het.

Cornelius het dikgehou om hom huis toe te vat met haar kar.

Voor sy woonstelblok het jongens gewapen met ’n skroewedraaier by die kar uitgesteek.

Hy het gehuil toe hy in die hof vertel hoe hulle hom van sy skoene, wallet en foon beroof en hom in die boot gestop het.

Marsh het getuig Cornelius het net een keer aan die aanvallers gevra: “Wat gaan julle maak?”

Hy het gesê hulle het by verskeie huise gestop. By een huis het die aanvallers die boot oopgemaak en aan iemand gewys waar hy lê.

“Ek het so hulpeloos en benoud gevoel. Ek was in skok. My vryheid en krag was weg.”

Witbooi se bekentenis strook met wat Marsh getuig het. Witbooi sê hulle was dik gerook toe hulle in die vroeë oggendure van 27 Mei 2017 besluit het om na die middedorp van Stellenbosch te loop. Dit was Parsons se idee.

In Birdstraat het hulle Cornelius se blou Golfie in die pad sien staan.

Witbooi het in detail vertel hoe hulle Cornelius en Marsh beroof en ontvoer het. Marsh is in die boot gestop.

VUIL: Vernon Witbooi (groen top) en Geraldo Parsons in die hof. Foto: SHANTEL MOSES

Julies het glo net vir Marsh beroof en die pad gevat.

Hulle het met Cornelius verskeie drughuise besoek en ook in die kar drugs gerook.

By een van die huise het ’n ou net bekend as Kaffertjie hulle gejoin en saam rond­gery. Toe het hulle in Kraaifontein by bosse gestop en Marsh afgelaai.

By ’n ander bos, ook in Kraaifontein, het die mans weer uitgeklim en Cornelius saamgevat.

Uitgemis

Witbooi sê Parsons het toe gesê hulle gaan seks hê met Cornelius en het hom ook “genooi”.

“Ek wou nie saamgaan nie en het hom gesê ek is nie vir dit daar nie.”

Die jongens het toe uit die bosse gekom en gesê Corne­lius trek nog aan. Parsons het vir hom gesê hy’t uitgemis.

Toe Cornelius uit die bosse kom, het sy gebewe en haar baadjie aangetrek. Sy het nie geskree of gehuil nie, maar dit was duidelik sy was in pyn.

Volgens hom was Corne­lius deur die hele trip doodstil en het voor haar uitgekyk.

In Stellenbosch het almal behalwe hy uitgeklim. Die mans het sonder Cornelius teruggekom.

Die saak duur voort.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters