Verlede maand
Hannah se killers Facebook lekker in tronk
Geraldo Parsons  ~ Adrian de Kock

DIE departement van korrektiewe dienste ondersoek die beweerde Facebook-gebruik binne die tronk van twee van Hannah Cornelius se moordenaars.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder, sê die departement het 'n navraag ontvang oor Vernon Witbooi en Geraldo Parsons se Facebook-gebruik.

"Ons moet ook die toestel vind wat hulle gebruik want selfone of radio transmitters word nie binne tronkselle toegelaat nie," sê Nxumalo.

Lali van Zuydam, Cornelius se niggie, sê aan News24 Witbooi en Parsons was tydens hul verhoor op Facebook doenig en dat die departement van korrektiewe dienste toe hul rekeninge gesluit het.

Van Zuydam sê die onlangse Facebook posts is nie net teen tronkreëls nie, maar ook ontstellend.

"Hoe is dit regverdig? Dit is disrespekvol teenoor my familie en my oom wat ook sy vrou verloor het."

Witbooi het Donderdag op Facebook gepost dat hy verloof is.

Nxumalo sê sosiale media word nie in tronke toegelaat nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters