6 maande gelede
Hannah: Parsons sê hy’s nie main ou
Geraldo Parsons
Geraldo Parsons, beskuldigde nommer 2, in die getuiebank.  ~ jaco marais

NADAT drie mans Hannah mans verkrag het, is sy in haar eie kar se boot gelaai en op ’n wynplaas doodgestenig.

Dit was alles Vernon Witbooi se voorstelle, sê Geraldo Parsons. Parsons erken hy was op 27 Mei 2017 by toe Hannah Cornelius vermoor is.

Volgens hom was Witbooi die voorbok in die hele verhaal. Witbooi het ná die verkragting gesê hulle moet ontslae raak van Hannah, want sy gaan hulle piemp.

Hannah is toe in die boot gesit. Vernon het hom na die Koelenhofplaas direct.

“By die plaas het ek die boot oopgemaak. Hannah wou nie uitklim nie. Sy was bang. Ek het nog aan haar getrek, toe kom Eben en steek haar in die nek.”

Klip

Hy het Hannah gelos, want die bloed het gespat. Hy sê Hannah het op haar gesig op die grond geval.

Vernon het toe ’n klip gevat en op haar kop gegooi.

Adv. Lenro Badenhorst, die staatsaanklaer, het Parsons gevra of hy nie dalk in charge van die gang was nie. “Vernon se lawyer het gevra dat hulle nie saam aangehou word nie. Maar jy het mos gesê julle moenie gesplit word nie.”

Parsons het hiermee saamgestem. Badenhorst het gevra of hy ’n bendelid is en wat sy rang is.

“Ek is ’n 28, wat ’n tronkbende is. Ek is ’n sersant in die bende.”

“So, dan is dit mos waar dat jy die main ou is wat die shots call. Daarom is jy ook die enigste een wat in die hof kan praat.”

Parsons het dit ontken.

Hy het gesê hy het plastic pearls in sy penis vir seksuele plesier, maar dis deel van die Jewish culture.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters