11 maande gelede
Hannah nes ’n vriend
JAMMER: Eben van Niekerk sê Hannah was soos ’n vriend.Foto: PETER ABRAHAMS  ~ 

HANNAH Cornelius was soos ’n vriend vir hom en hy wou haar help.

Maar hy was bang vir die ander ouens, sê Eben van Niekerk in sy brief wat hy vier dae ná die moord op Cornelius aan haar ouers geskryf het.

Die staat voer aan Van Niekerk en sy drie mede­beskuldigdes – Geraldo Parsons, Vernon Witbooi en Nashwill Julies – het Cornelius en Cheslin Marsh, haar vriend, ontvoer. Julies het glo Marsh se beursie en foon gevat en weggehol.

Gelees

Van Niekerk, Parsons en Witbooi is aangekla van die moord op en verkragting van Cornelius. Haar lyk is op 27 Mei 2017 op ’n wynplaas buite Stellenbosch gekry.

In die brief wat gister in die Kaapse hooggeregshof gelees is, sê Van Niekerk dit was nie mooi om te sien wat hulle (medebeskuldigdes) met Cornelius gedoen het nie.

BEWYSSTUK: Eben van Niekerk se vergifnisbrief aan Hannah Cornelius se ouers. FOTO VERSKAF

“Ek was ook bang vir hulle. Moenie kwaad wees vir my nie, asseblief,” lui die res van die brief.

Betoë oor die brief se toelaatbaarheid is gister in ’n binneverhoor aangehoor.

Van Niekerk se lawyer, adv. Dudley Johnson, was nie tevrede met die toelating van die brief as bewysstuk nie.

Hy het aangevoer Van Niekerk was onder dwang toe hy die brief geskryf het.

Sers. Bongile Mputumi het in die binneverhoor getuig. Hy het gesê hy en sers. Stephan Adams was op pad na die Victoria-hospitaal toe die moord op Cornelius in ’n nuusberig op die radio uitgesaai is. Hy het gesê Van Niekerk het toe gevra: “Is ek nou in die k*k?”

Daarna het hy vir ’n pen en papier gevra, maar dit is nie vir hom gegee nie.

Adams het gesê eers toe hulle terug was by die Stellenbosch-polisiestasie, het hy vir Van Niekerk ’n pen gegee, maar hy was nie bewus van wat hy daarmee wou doen nie.

SERS. STEPHAN ADAMSFoto: NETWERK24

Van Niekerk het ook getuig. Hy het gesê Adams het hom banggepraat met Pollsmoor en hom aangemoedig om ’n brief te skryf.

“Dit sou dinge vir my ligter maak,” het Van Niekerk getuig. Hy het volgehou hy is onskuldig en dat hy van geen sout of water geweet het nie.

Van Niekerk se mede­beskuldigdes het hulle gate­ uit geniet toe hy getuig het en het oopmond gelag.

Afgesluit

Lenro Badenhorst, die staatsaanklaer, wou weet hoekom hy ’n brief geskryf en onderteken het as hy onskuldig is.

Regter Rosheni Allie het die brief toegelaat as bewysstuk.

Hierna het die staat sy saak afgesluit.

Vernon Witbooi se law­yer, adv. Tim Vismer, het ook sy saak afgesluit.

Die hof sal môre hoor wat Parsons se volgende move­ is.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters