3 maande gelede
Haarkapper wil borgtog hê
sonder bril: Melvin Volkwyn het gister weer hof geloop. Dié is die cops se mugshot van hom direk ná sy arrestasie. foto’s verskaf  ~ 

MEER as 500 inwoners van Eersterivier en omgewing staan agter ’n vermeende kindermoordenaar en wil hê hy moet op borgtog vrygelaat word.

Dié besonderhede het gister uitgekom in die Blue Downs-landdroshof in die Kaap, waar Melvin Volkwyn (40) verskyn het.

Hy staan tereg vir die dood van Orderick Lucas (1). Die haarkapper loop hof vir ontvoering, moord en dwarsboming van die gereg.

Orderick se half ontbinde lyk is op 2 April in ’n drein in Wittebolstraat, Eersterivier, gevind. Hy was nege dae vermis.

Volgens Orderick se ma, Davideen, was die kind laas in Volkwyn se sorg.

Volkwyn wil borgtog hê. Sy lawyer, Crystal Paulse, het sy verklaring gister aan die hof voorgehou. Daarin sê Volkwyn hy’s ’n opgeleide hair stylist en bekend vir sy werk in Eersterivier en omgewing. “Ek woon in Kleinvlei by my pa, vir wie ek ook moet sorg. My ma is 10 jaar gelede dood.”

Orderick Lucas

Hy voer aan hy het g’n rede om nie hof by te woon nie. “Ek weet nie wie die staatsgetuies in die saak is nie en sal nie inmeng met die staat se werk nie. Ek beloof om my volle samewerking in die saak te gee.”

Hy voer ook aan die tronke is reeds oorvol en korrek­tiewe dienste kan nie sy veiligheid waarborg nie.

Volgens Volkwyn is hy in die Goodwood-gevangenis gedreig.

Paulse het ’n handgeskrewe petisie ingehandig van inwoners van Eerste­rivier wat die hof versoek om die moordbeskuldigde op bail vry te laat. Altesaam 515 mense het die petisie geteken.

Inligting

Volkwyn sê as die hof hom vrylaat, kan hy borgtoggeld van R1 000 bekostig.

Nathan Adriaanse, die aanklaer, het gesê die staat staan borgtog teen. Hy sal vandag die staat se kant stel.

“Ons het nuwe inligting ontvang en moet eers daardeur werk,” het Adriaanse verduidelik.

Die saak gaan vandag aan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters