3 jaar gelede
Gyselaarsdrama eindig in dood
misdaadtoneel: Lede van die polisie se taakspan op die gyselaarsdramatoneel in Vredenburg waar ’n pa sy tweejarige seun as gyselaar aangehou het. FOTO VERSKAF  ~ 

’N TWEEJARIGE seun van Vredenburg sterk tans by die huis aan ná ’n gyselaarsdrama.

Die ses uur lange gyselaarsdrama het hom Vrydag­oggend in Nackerdienstraat afgespeel.

Dit is beëindig toe die cops die kind se pa dood­geskiet het nadat hy gedreig het om die kind dood te maak.

Hy het glo ’n uitval met die seun se ma gehad.

Die pa het die seun gegryp en ’n mes teen sy keel gedruk.

Die kind se ma het kans gekry om te ontglip en die polisie ontbied.

Die pa het met die seun na ’n wendyhuis agter in die jaart gevlug en hulle daarin toegesluit.

’n Taakspan het uit Kaapstad gekom om die situasie te ontlont.

Ná ure se onsuksesvolle onderhandelinge met die pa om die kind vry te laat, het die taakspan die wendyhuis bestorm.

Hulle het rookbomme afgevuur en die pa is in die proses noodlottig gewond.

Die seun is na die hospitaal geneem en is intussen weer ontslaan.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters