4 jaar gelede
Gyselaarsdrama by winkelsentrum in Kaap
Nyanga Junction  ~ 

'n Gyselaarsdrama speel homself af by ‘n Shoprite supermark in Nyanga Junction, waar ‘n gewapende rooftog plaasvind.

Die voorval het vanoggend omstreeks 9uur begin en die gebied is deur ‘n taakspan van die polisie afgesper.

News24 berig dat die Stad Kaapstad se mayco lid vir veiligheid, JP Smith, sê onbevestigde berigte dui daarop dat twee mense, insluitende ‘n veiligheidswag, geskiet is.

Polisie minister Fikile Mbalula het op twitter winkelsentrum rooftogte veroordeel en gesê “misdadigers moet nie ons openbare plekke wat mense gebruik hijack nie”.

Polisiewoordvoerder, Noloyiso Rwexana, sê die aanvallers het vroeër vanoggend glo blindelings op die polisie geskiet.

Volgens berigte gebruik die rowers hoë kaliberwapens.

Rwexana sê die polisie is op die stadium nie bewus hoeveel gyselaars daar is nie.



Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters