4 maande gelede
‘Guns’ praat
kan politicians lees? Dié lede van die Mitchells Plain-polisiëringsgroep se GPF betoog gister buite die parlementsgebou.  ~ 

’N VROU is een van verskeie slagoffers wat Woensdagaand doodgeskiet is.

Dít op die vooraand van die minister van polisie, Bheki Cele, se begrotings­rede in die parlement.

Lauretta Robyn (43) van Elsiesrivier is om en by 22:50 in die bors en kop getref.

Sy is op die toneel dood.

Robyn is geskiet toe sy die deur van haar eenheid in Springbok Court oopgemaak het vir iemand wat geklop het.

In Hanover Park is ’n vrou gewond en ’n man doodgeskiet in afsonderlike skietvoorvalle.

Die vrou was in Lansur Walk Court toe sy getref is deur ’n dwaalkoeël van vegtende bendes.

Sy is op die oomblik nog in ’n ernstige toestand in die hospitaal.

Die man is 22:15 in Lansia Walk getref.

Hy is verskeie kere getref en is op die toneel dood.

In Athlone is twee vermeende gangsters deur geweervuur getref.

Dit was omstreeks 20:45 by Sunbird Court in Bridgetown.

Die een slagoffer is gewond en die ander is dood.

Riedewaan Titus (47) is op die toneel dood nadat hy verskeie kere in die gesig getref is.

Sy 49-jarige vriend is hospitaal toe nadat hy in die bors getref is.

Wat gister betref, is ’n vermeende gangster in Buckstraat in Grassy Park doodgeskiet.

’n Man is ook in Lavender Hill doodgeskiet.

’n Polisiewoordvoerder, Siyabulela Malo, sê geen verdagtes is nog vir die moorde in enige van die skietvoorvalle gearresteer nie.

Memorandum

’n Betoging teen die voortslepende bendegeweld is gister buite die parlementsgebou gehou.

Die betogers is lede van verskeie gemeenskapspolisiëringsforums (GPF’s) en inwoners van die geaffekteerde gebiede.

Hulle eis dat die weermag teen die bendes ontplooi moet word en het ’n memorandum met griewe aan die polisie oorhandig.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters