Verlede maand
Gryp en rape: cops soek nog
Hierso: Onbekende mans het ’n student in verpleegkunde buite die Tygerberg-hospitaal ontvoer en haar later verkrag. Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

DIE cops is nog op soek na verdagtes wat na bewering ’n eerstejaar­verpleegkundestudent verkrag het.

Die voorval het Dinsdagaand naby die Bishop Lavis-landdroskantoor gebeur.

Volgens Noma­wethu Sbukwana, woordvoerder van die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement, is die 21-jarige student van die Kaapse Skiereiland-Universiteit vir Tegnologie (KSUT) buite die Tygerberg-hospitaal ontvoer.

Sy is na die bosse naby die Bishop Lavis-landdroskantoor geneem, waar sy verkrag is.

Die verpleegstudente by KSUT het Vrydag nie klasse bygewoon nie in solidariteit met vroue wat vermoor en verkrag is.

Hulle beplan om vandag ook klasse te boikot.

Sbukwana sê: “Die student is in die hospitaal opgeneem. Mediese behandeling en berading is in die Karl Bremer-hospitaal se Thuthuzela-sorgsentrum aan haar verskaf.”

Die Wes-Kaapse minister van gesondheid, dr. Nomafrench Mbombo, het die student Donderdag in die hospitaal besoek.

Sy het die voorval ten sterkste veroordeel.

Prof. Karien Jooste het namens die verpleegkunde-departement van KSUT haar misnoeë oor die voorval uitgespreek.

Sy is ook diep bekommerd oor die geweld teen vroue in die land.

“Ons is diep geraak deur die voorval wat met die onskuldige verpleegstudent gebeur het. Sy is ’n waardevolle individu­ wat na die welstand­ van die gemeenskap omsien.

Voetgangerhek

“Sy verdien om gerespekteer te word.”

Kapt. FC Van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die student is ontvoer nadat sy by die voetgangerhek by die Tygerberg-hospitaal uitgegaan het.

“Die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.”

Niemand is nog gearresteer nie en ’n verkragtingsaak word ondersoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters