Verlede maand
Gru-ongeluk in Karoo eis vier
INFERNO: Vier mense het in dié gru-ongeluk gesterf.  ~ Foto Verskaf

MOEGHEID kon ’n rol gespeel het in ’n gru-ongeluk gister douvoordag op die N1-snelweg.

Die ongeluk waarin twee vragmotors betrokke was, het net na middernag naby Drie Susters gebeur.

Vier mense is in die ongeluk dood.

Jandré Bakker, woordvoerder van die Wes-Kaapse departement van vervoer en open­bare werke, sê albei lorries het met die trefslag vlam­gevat.

Die snelweg is vir ’n hele paar ure gesluit terwyl daar hard gewerk is om die pad weer vir verkeer oop te stel.

Volgens lorriedrywers wat met Songepraat het, kon moegheid ’n rol gespeel het.

Base

’n Drywer wat anoniem wil bly, sê: “Dis nou die besige periode in die bedryf.

“Die base laat ons nie toe om langs die pad af te trek om te rus nie.

“Daar is twee drivers in ’n lorrie en die een is veronderstel om te ry terwyl die ander een slaap.

“Die probleem is – jy kan nie lekker slaap terwyl die lorrie ry nie.

“Die base is greedy. Ongelukke gebeur weens moegheid of die lorries kry punctures.”

Lorries is veronderstel om 80 km/h te ry.

Daar was Maandag ook ’n ander ongeluk naby Drie Susters waarin een persoon gesterf het.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters