4 maande gelede
#KYK: Groep sluit paaie oor huistekort
shutdown,protest,kaapstad
Talle paaie word deur betogers in Kaapstad afgesper.  ~ Clyde Adams

DIE aksiegroep Gatvol Cape­tonian dreig om talle paaie vanoggend tydens ’n shutdown te sluit.

Die groep het op 22 Julie ’n verklaring uitgestuur waarin hulle die Moederstad kennis gegee het van dié shutdown.

Volgens die verklaring gaan die shutdown oor ’n tekort aan huise vir bruinmense.

Fadiel Adams van die aksiegroep het die afgelope tyd meer as 20 vergaderings in verskeie gemeenskappe bygewoon.

Hiér het dit uitgekom hoe ongelukkig die back­yarders is oor hulle so lank vir huise moet wag.

Die verklaring lui: “Ons vra die gemeenskap om simpatie te hê met die pleidooi van ons inwoners wat nie grond besit nie. 

GESLUIT

Donderdagoggend vroeg was die volgende paaie gesluit weens betogings.

In Mitchells Plain by Az Berman Drive is die strate tussen Wespoort en Kerrremstraat gesluit.

In Atlantis is die R304 die ingang na Mamre en Paradiselaan by Silverstream gesluit.

By Waalstraat en Buitengrachtstraat is Buitengrachtstraat vanaf Short Marketstraat na Tafelberg gesluit.

Voortrekker is gesluit in beide rigtings by 3de Laan in Kensington.

Die Stellenbosch arterial is die strate gesluit tussen Adam Tas en die R300

In Ocean View is Kommetjiestraat tussen Soetwater- en Slangkopstraat gesluit.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters