Verlede maand
Groep skiet getuie in moordsaak
AFGEMAAI: Onbekende aanvallers het ’n getuie in ’n moordsaak doodgeskiet.  ~ Foto ter illustrasie: son

DIE polisie in die Strand vra die publiek se hulp nadat ’n getuie in ’n moordsaak gisteroggend vermoor is.

Die voorval het omstreeks 04:00 plaasgevind toe Lee-roy Slingers (24) in Ericastraat, Sercor Park, geskiet is.

Volgens die polisie het die slagoffer en twee vriende in Ericastraat gestap. Die twee vriende het vooruit gestap en hom agtergelaat.

’n Onbekende groep mans het om die hoek van die straat gekom en op die slagoffer losgebrand.

Bendegeweld

Sy bebloede lyk is toe in Jasmin-straat gevind.

Die voorval hou verband met bendegeweld.

Die slagoffer was ’n getuie in ’n moordsaak wat tans in die hof dien. In die voorval van dié moordsaak is hy self ook gewond.

Die polisie versoek enigeen met inligting om lt.kol. Franklin Plaatjies by 082 469 3359 te bel.

Alle inligting sal as vertroulik hanteer word.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters