8 dae gelede
GR. R’tjie wil uit klaskamer vlug
VRIENDELIKE GESIGGIES: Klein Leah Temmers (4) en Zeah Adams (4) in hulle splinternuwe skoolklere.  ~ 

“LOS my af, los my af!”

Dit was die benoude gille van Leon’Te Steenveld (4), wat wragtie nie nou al in die klaskamer wou wees nie.

Dit was haar eerste dag by die “groot skool” – WD Hendricks Primêr in Kensington. En dié gr. R-leerdertjie was glad nie happy daaroor nie.

Leon’Te het ten aanskoue van haar klasmaats probeer vlug en aan die klaskamer se deur gehang en geskree: “Ek gaan my ma sê! Ek wil my ma hê!”

Astrid Carolus, haar geduldige juffrou, het met groot liefde die klein mensie eindelik in die klas gemaklik laat voel.

“Sy sal orrait wees. Dit is normaal vir kinders om bang te wees, maar ek het geduld en sy sal gou-gou aanvaar dat sy nou ’n skoolmeisie is,” sê Carolus.

Terwyl Carolus klein Leon’Te getroos het, was haar klasmaats in hulle splinternuwe skooluniforms lekker besig om met klei te speel.

Hoewel ’n paar gesiggies half geskok was oor die nuwe dinge, was die meeste leerders ontspanne.

maak oop! Leon’Te Steenveld (4) probeer die klaskamer se deur met mag en mening oopkry, maar was onsuksesvol in haar pogings om weg te hardloop.
GRAAD R: Die vierjarige Sasha-Lee Faro (links) en Kendre Petersen (4) het nie baie te sê nie, maar is gelukkig.
niks happy NIE: Juffrou Astrid Carolus probeer klein Leon’Te Steenveld (4) troos. Foto’s: PETER ABRAHAMS
VRIENDELIKE GESIGGIES: Klein Leah Temmers (4) en Zeah Adams (4) in hulle splinternuwe skoolklere.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters