7 maande gelede
G’n piep uit stille De Lille
Patricia de LilleFoto: MelindaStuurman  ~ 

LAAT my met rus.

Dít is die voormalige burgemeester van Kaapstad Patricia de Lille se antwoord aan mense wat wil weet wat haar next move­ gaan wees.

Sedert De Lille laas week haar DA-skoentjies uitgeskop en haar mayor-ketting afgehaal het, wil almal weet wat is volgende vir die politieke strydros.

Daar was praatjies dat De Lille lewe in die Onafhanklike Demokrate gaan blaas. Dié party is in 2010 ontbind toe hy met die DA getrou het.

Gevolg

Nog mense sê De Lille gaan ’n splinternuwe party vorm met die raadslede wat weens binnegevegte in die DA bedank het. Dié raads­lede sluit in Suzette Little, Brett Herron, Thulani Stemela, Greg Bernado, Siyabulela Mamkeli en Shaun August.

August is die voormalige hoofsweep van die Stad Kaapstad en vertroueling van De Lille. Hy was ook ’n lid van die ID en het De Lille gevolg toe sy by die DA aansluit.

August het ook die storie oor ’n splinternuwe party verder aangeblaas.

In ’n onderhoud met Son op Sondag sê hy hy praat klaar met verskillende rolspelers.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters