Verlede maand
Girl pleit dat ‘pa’ abuse los
Piemp: ’n Meisie van Kalkfontein in Kuilsrivier red haarself deur uit te praat teen haar vroetelpa.Foto ter illustrasie  ~ 

“OOM, moet asseblief nie vanaand weer aan my vat nie.”

Dis die woorde van ’n vierjarige meisie van Kalkfontein wat haar stiefpa met sy vatterige hande agter tralies laat beland en van haar ’n hero gemaak het.

Die kind woon saam met haar ma en dié se boyfriend in ’n wendyhuis in Kalkfontein, Kuilsrivier.

Hulle drie het ook ’n bed gedeel.

Donderdagaand het die kind met die sak vrot patats vorendag gekom toe hulle moes slaap.

’n Informant vertel sy het toe na die ma se boyfriend gedraai en hom mooi gevra om nie weer aan haar privaat dele te vat wanneer sy slaap nie.

Haar 36-jarige ma het die waarskuwing gehoor en haar gevra om dit te herhaal.

Die meisie het toe aan haar ma verduidelik die oom vat aan haar wanneer hulle slaap.

Die kind se ma het nie slange gehang nie en het die boyfriend met ’n besem aangerand.

Die informant vertel: “Die geraas het die mense in die huis wakker gemaak. Die mense het uitgekom. Die ma het haar kind gevra om vir hulle ook te sê wat gebeur het. Ná dit het die huismense hom ook gemoer.”

Die polisie is toe laat kom.

Verskyn

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die Kuilsrivier-polisie ondersoek ’n klag van seksuele aanranding.

“ ’n Man (33) is Vrydag­oggend in hegtenis geneem vir die beweerde daad.”

Die man het gister vlugtig in die Blue Downs landdroshof verskyn. Hy sal oor ’n week weer verskyn vir ’n formele borgtog-aansoek.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
3 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters