9 maande gelede
Getuie geskiet
ontroosbaar: Cynthia Parsons sê haar dogter is soos ’n hond doodgeskiet.  ~ 

“HULLE gaan my doodskiet! Mammie, hulle gaan my doodskiet!”

Dié chilling voorspelling van ’n jong vrou van Factreton, Kensington, het ’n week later waar geword.

Candice Jordaan (32) is Saterdag 03:30 in Dapperstraat vol koeëls geskiet.

Sy is een keer in die mond getref en vyf keer op verskeie plekke op haar liggaam.

Die skietery het gebeur voor ’n huis in Dapper-straat waar sy gereeld gaan tik en dagga rook het.

Haar hartseer ma, Cynthia Parsons, sê haar dogter moes getuig het in ’n hofsaak oor ’n skietvoorval in Typhoon Straat, in die aangrensende Winder­mere.

“Ek weet nie baie van die saak waarin sy sou getuig nie omdat sy nie daaroor gepraat het nie, maar dit kon dalk ’n rol gespeel het in haar moord,” sê Parsons.

Sy sê voordat Candice Vrydagaand die huis verlaat het, het sy selfs instruksies gegee in geval sy nie huis toe kom nie.

“Ek was so deur die slaap dat ek nie alles gehoor het wat sy gesê het nie, maar haar dogter het vir my vertel,” sê sy.

Die meisie (14) sê: “My ma het gesê my ouma moet haar ID en ouma se ID vat en haar bail-geld gaan haal,” vertel sy.

hartseer: Candice Jordaan se suster Mischka Parsons was ontroosbaar op die toneel. Foto’s: PETER ABRAHAMS
Candice Jordaan

Parsons sê verder: “Dis asof sy geweet het sy kom nooit weer huis toe nie. As ek dit self gehoor het, sou ek haar nie laat uitgaan nie.”

In trane vertel sy verder: “Candice was saam met haar vriende garage toe in die main road. Daarna is hulle na een van die vriende se huis in Dapperstraat.

“Twee jongens het hulle genader. Sy het hulle herken en op hul name geroep. Toe word sy eers in die mond geskiet,” vertel Parsons.

“Iemand het my kom wakker klop en gesê my Candice is geskiet en lê dood in die pad. Ek en my neighbour het toe afgestap om te gaan kyk.

“My kind is soos ’n hond doodgemaak. Hoekom moes hulle so wreed wees?” vra sy onder trane.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder het bevestig ’n moordsaak word ondersoek.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters