3 maande gelede
Gestremde val
hartseer: Widaad Lamera is gebroke nadat Musthafa Johnson, haar neef, gisteroggend in Hanover Park doodgeskiet is.Foto: JONATHAN LESTRADE  ~ 

’N ONSKULDIGE gestremde man van Lavender Hill is gisteroggend in die voortslepende bendegeweld doodgeskiet.

Musthafa Johnson (49) se bebloede lyk is omstreeks 07:10 op ’n oop veld in Blodestraat gevind.

Hy is na bewering eers aangerand en daarna in die rug en agter in die kop geskiet.

Volgens Widaad Lamera (27), sy niggie, was Johnson op pad na die daghospitaal om pille te gaan haal.

Lamera verduidelik: “Sy oog was potblou en opgeswel.

“Hulle het hom eers aangerand voordat hulle hom geskiet het.

“Hy het van die moskee afgekom, waarheen hy elke oggend gaan om te bid.”

Skok: Inwoners kyk toe nadat Musthafa Johnson (49), wat met krukke oor die weg gekom het, in Lavender Hill doodgeskiet is.Foto: LEON KNIPE
hartseer: Widaad Lamera is gebroke nadat Musthafa Johnson, haar neef, gisteroggend in Hanover Park doodgeskiet is.Foto: JONATHAN LESTRADE
Ondersoek: Die cops is op die toneel waar ’n vermeende bendelid Woensdagaand in Hanover Park doodgeskiet is.Foto: LEON KNIPE
GEKONFISKEER: Dis een van die drie vuurwapens wat die cops Woensdag gedurende Operation Thunder in Lavender Hill gevind het.FotoVERSKAF

Volgens Lamera het Johnson met krukke geloop en het hy twee jaar gelede ’n heupvervanging gehad.

Morne Slingers (47), sy neef, verduidelik: “Ons het hom altyd gewaarsku om nie so alleen te loop nie.

“Hy het geweet van die jongens wat so skiet, maar hy wou nie luister nie.”

Johnson is die vierde persoon binne twee dae wat in Lavender Hill doodgeskiet is, al is die base camp van Operation Thunder in Lavender Hill.

Jamie-Lee Jonkers (13), Rozario Benjamin (21) en ene Mikey, ’n vermeende gangster, is sedert Dinsdag in Lavender Hill doodgeskiet.

  • Sondagoggend het ’n pa en ’n seun saam met ’n meisie en ’n man voor hul huis in Montagu Village gesit.

’n Onbekende man het verbygestap en op hulle losgebrand.

Die pa is in die kop gewond en sy seun in die been.

Die ander man is in die maag gewond en die meisie in die rug.

Sy is na verneem word nou verlam.

In nog ’n skietvoorval Sondag by Pontac Court het ’n familie net by die huis gekom nadat hulle by die kerk was.

Een van die kinders het die deur oopgemaak en ’n man het by die huis ingehardloop.

Hy het in die huis inmekaar gesak en die mense het agtergekom hy is in die agterstewe gewond.

Die man is later in ’n ambulans na die hospitaal geneem.

  • Die polisie het Woensdag drie vuurwapens as deel van Operation Thunder in Lavender Hill gekonfiskeer.

Twee mansverdagtes van 21 en 27 jaar oud is gearresteer.

  • In nog ’n skietvoorval Woensdagaand is ’n 29-jarige vermeende bendelid in Hanover Park doodgeskiet.

Die skietvoorval het omstreeks 21:00 by Athburg Walk gebeur.

Die slagoffer is in die kop en rug geskiet.

Hy is op die toneel dood en niemand is nog gearresteer nie.

Enige persone met inligting oor die skietvoorvalle kan die polisie se tolvrye misdaadnommer skakel by 08600 10111.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters