3 maande gelede
Gestremde: Cops, army slaan my
AFGESTOF: Charnay Valentine beweer sy is deur lede van die weermag en polisie genadeloos aangerand.  ~ Foto Verskaf

’N VERSTANDELIK gestremde vrou van Delft beweer die cops en lede van die army het haar aangerand.

Die beweerde voorval het Saterdagaand gebeur toe hulle drank by ’n smokkelhuis gaan koop het.

Die voorval kom nadat die minister van polisie, Bheki Cele, verlede week aangekondig het dat daar geen drank ná 18:00 in die aande verkoop mag word nie.

Dít is deel van die president, Cyril Ramaphosa, se maat­reëls wat ingestel is om die corona-virus-epidemie die hoof te bied.

Volgens Charnay Valentine (35) het sy omstreeks 22:00 by ’n smokkelhuis in Gateway saam met haar twee niggies gaan bier koop.

Valentine sê: “Ek wou nie saamgaan nie, maar hulle het dik gehou dat ek moet saam loop.

“Ons was op pad terug huis toe toe ’n kombi en ’n private kar by ons stop.

Opgeskiet

“In die kombi was army ouens en in die private kar was cops gewees.

“Hulle het uitgeklim en ’n skoot in die lug opgeskiet.

“My twee niggies het weggehardloop met die biere.

“Hulle het my net so gelos” vertel Valentine geskok.

“Ek was so vreesbevange dat ek nie kon weghardloop nie. Hulle het begin om my rond te stamp.

“My lip was stukkend geslaan en my mond het gebloei.”

Ondanks ’n dik lip en seer lyf, het Valentine gesê sy gaan nie ’n klag lê nie.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters