2 maande gelede
Gesteelde taxi ’n death trap
MOORDTONEEL: Twee mans is Donderdagaand in Silver­town, Athlone, doodgeskiet en uit ’n voertuig gegooi.Foto: FACEBOOK  ~ 

TWEE mans het gister in Athlone se landdroshof vir ’n dubbele moord verskyn.

Kaylum Florence en Jason Luikes word daarvan verdink dat hulle twee vermeende gangsters Donderdagaand in Prim­rosestraat, Silver­town, doodgeskiet het.

Florence en Luikes is gevang nadat die cops se blitspatrollie hulle agternagesit en hulle in ’n boom vasgejaag het.

Met nader ondersoek is vasgestel die wit Toyota Avanza waarmee hulle gery het, is ’n Uber-voertuig wat in Parktown gekaap is.

Die Uber driver (38) het Donderdag 18:50 ’n oproep gekry dat hy mense in Primrose Park moet gaan oplaai.

Volgens ’n ingeligte het een van die mans die Uber driver met ’n vuurwapen gedreig en gesê hy moet agter in die motor gaan sit.

Hulle het sy wallet, kontant en selfoon gevat en met hom na Hester Court gery.

Daar het hulle ’n meisie opgetel.

Die mans het daarna na ’n drug den gery, waar hulle drugs en wyn gekoop het.

Hulle het die meisie toe in Heideveld afgelaai en nog twee mans opgetel.

Hierna het hulle tot by Bonteheuwel gery en nog ’n man met ’n vuurwapen en ammunisie opgetel.

Daarna het hulle in Bonteheuwel rondgery. ’n Stryery het onder hulle ontstaan.

Een van die mans wat agter gesit het, het die Uber driver aangesê om plat te lê. Die Uber driver het daarna twee skote gehoor en gesien hoe twee bodies by die motor uitgegooi word.

Die blitspatrollie het die verdagte kar gewaar en agternagesit.

Die twee is toe aangekeer.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters