Verlede maand
Gesin soek waarheid
brenteano brink
Brenteano Brink (17) is onder die wie steeds op see vermis is.  ~ Verskaf

"ONS soek closure – en die waarheid.”

Só sê die gesin van Bren­teano Brink (17) gister nadat hy ter see vermis geraak het.

Hy is een van ses vissers wat steeds soek is nadat hulle boot Donderdagoggend vroeg omgeslaan het. Daar was 13 persone aan boord. Net een se lyk is gevind. Ses ander is veilig.

Volgens Craig Lambinon, woordvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut, het die boot tussen Mouillepunt en Oudekraal naby Clifton omgeslaan.

Brenteano se ma, Mary-Anne, sê sy het geen idee wat gebeur het nie.

“Ek het hom laas Woensdagaand 20:00 gesien. Hy het niks gesê van op ’n boot uitgaan nie.

“Na my wete is dit die eerste keer dat hy op ’n boot uitgegaan het. Ek het nooit gedink hy sou sulke dinge aanvang nie.

Knak

“Ek wil net closure hê en weet wat daar buite op see gebeur het. As hulle moet sê hulle het sy lyk gekry ,dan sal ons dit moet aanvaar en deur dit kom. Maar om nie te weet nie is die moeilikste,” sê die hartseer mammie.

Mary-Anne sê daar is ook baie stories wat die rondes doen en dit maak seer.

“Hulle moet net gevind word. Dit help nie dat daar so baie stories rondgaan oor wat gebeur het nie. Sommige tye knak dit my en dit raak sy suster, Leandro (7), ook erg.

“Sy het nou die aand net uitgebars in trane, so ons soek rêrig net antwoorde en closure,” sê sy.

Intussen sê Brenteano se niggie, Zhaundre Brink (21), die gebeure is vir haar devastating.

“Ek en my neef is baie close. Hy is ’n wonderlike mens. Ons wil net hê hy moet huis toe kom.”

Zhaundre sê die een ou wat uitgeswem het, moes die familie kom sien het, maar hulle wag steeds.

“Ons hoor conflicting stories oor die gebeure en dit maak ons deurmekaar.

“Ons het gehoor dat hy vir mense vertel dat Brenteano om hulp geskreeu het. Dan hoor ons weer hy het iemand hoor skreeu, maar hy kan nie sê wie dit was nie. Nou, wat moet ons dink?”

Zhaundre voeg by dat hulle twee van die oorlewendes in die hospitaal besoek het.

“Nie een van hulle kon vir ons vertel nie, hulle is so getraumatiseerd,” sê sy.

Hoop

Zhaundre sê sy weet die see vat en hy gee en dat mense see toe gaan om ’n living te maak, maar wat gebeur het, is baie tragies.

“Ons hoop vir die beste.”

Die soektog vir die vermiste vissermanne gaan voort.

 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters