Verlede maand
Gesin sê bende maak lewe hel
soek nie skoor: Megan Cloete sê al wat sy wil hê, is dat die bende haar en haar familie in vrede moet laat. Foto’s:bohemia jumatt  ~ 

EERS vermoor hulle na bewering haar neef en nou dreig dieselfde gang hulle met die dood.

Megan Cloete van Scotts­dene wat saam met haar ouma Elizabeth Beyers (71) woon, lewe elke dag in vrees.

Uitsteek

Cloete sê nadat haar neef Brandon Beyers (18) sowat drie maande gelede wreed vermoor is, is die Ferodo-bende nou glo daarop uit om hulle ook uit te haal.

Hulle kan nie eens hulle kop by die venster uitsteek nie, dan is dit nag, sê sy.

Cloete sê waag sy dit om haar ouma Shoprite toe te stoot in haar rolstoel, moet sy ’n ver ompad vat.

Sy sê die dag van die moord op haar neef was dit haar seuntjie se partytjie.

Volgens haar het die gang haar neef van die huis af weggelok en hom vermoor. Sy lyk is in Wal­lacedene gedump.

Sy vertel: “Ons het lekker gedrink en gepaartie.

“Ek het Brandon nog nooit so lekker gesien paartie nie. Skielik was hy nie meer hier nie.

“Iemand het my na die scene geroep waar hy in sy eie bloed gelê het.

“­ ’n Baksteen is op sy kop gegooi. Dit was erg.

“Sy harsings het langs hom gelê en ek moes ’n gat maak waarin ek dit kon gooi.”

Gepla

Cloete sê nie lank hierna nie het die bende gedreig dat sy ook daar gaan lê waar haar neef nou lê.

’n Vreesbevange Cloete sê: “Ek het sommer vir hulle gesê dat hulle cowards was om my neef so te vermoor.

“Hy het hulle nie gepla nie, maar hulle was altyd op sy case.

“Nou lewe ons elke dag in vrees.

“Twee was glad tot by my huis om te kyk waar ek is.

“Hulle gee nie om nie en gooi gereeld bakstene na ons huis.

“Ek is bang, want hulle ken my ins and outs.

Beyers sê dis erg hoe die gang aangaan.

Sy sê: “Dit laat my bang en ongemaklik voel. Ek is so bang, ek wil nie eens meer in die son sit nie.

“Iets sal gedoen moet word om ’n stop aan alles te sit.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters