Verlede jaar
Gesin dakloos ná brand
verwoes: Die Rudolf-familie se huis is volkome vernietig. FOTO VERSKAF  ~ 

’N GROOT familie wat almal in een sinkhuis gebly het, het die afgelope naweek alles in ’n brand verloor.

Die mense van 7de Laan in Valhalla Park sit nou sonder ’n heenkome en kry tydelike huisvesting van hul bure.

Elvina Rudolf, wat ten tyde van die brand Saterdag tuis was, sê daar moes ’n kortsluiting by een van die plugs ontstaan het.

Versprei

Rudolf sê: “Gelukkig was die meeste van die huismense nie tuis nie, want hulle sou histeries geraak het.

“Ons is ’n groot familie wat almal onder die dak gebly het,” sê sy.

Volgens haar het die vlamme so vinnig versprei dat sy en ander grootmense uit die huis na veiligheid moes vlug.

“Ons kon toe net verslae toekyk hoe die huis voor ons oë tot teen die grond afbrand,” voeg sy by.

Hulle en die bure het die vlamme vergeefs met emmers water probeer blus.

Die brandweer het die vlamme later in bedwang gebring.

Nou vra die familie hulp om hulle en veral die kleingoed net met kos, beddegoed en klere te help.

Mense wat graag hulp wil aanbied, kan Rudolf bel by 061 390 4351.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters