2 maande gelede
‘Gemeenskap is beste wapen teen misdaad’
Faiez JacobsFoto: peter abrahams  ~ 

DIE ANC meen die beste wapen teen huishoudelike geweld is die gemeenskap.

Dís die party se reaksie op die opspraakwekkende moord op Stacey Adams (6).

Die sekretaris van die ANC in die Wes-Kaap, Faiez Jacobs, veroordeel die moord ten sterkste.

Jacobs sê hy is veral stomgeslaan daaroor dat misdade soos dié onder bure en naastes se neus gepleeg word – diegene wat juis veronderstel is om saam te staan teen misdaad.

Hy sê: “Ons erken ook dis moeilik om sekere misdade te voorkom; ons kan nie ’n polisiebeampte in elke huis, straat of tussen bure en familielede ontplooi nie.

“Daarom meen die ANC die beste wapen om sulke misdade te beveg, is die gemeenskap self.”

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters