13 dae gelede
Geldwolwe skaapwagter in OTM-roof
TEIKEN: Twee sekuriteitswagte is met ’n halfmiljoen vort nadat hulle ’n tegnikus oorrompel het.  ~ Foto ter illustrasie: Netwerk24

DIE Nedbank OTM in Hoofweg, Strand, is Sondag beroof – na bewering deur twee sekerheidswagte wat ’n tegnikus oorrompel het.

Die Valke ondersoek die voorval wat omstreeks 11:45 plaasgevind het. Volgens Zinzi Hani van die Valke is niemand in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Gewapende

Son het verneem dat die verdagtes glo twee sekerheidswagte is wat die tegnikus moes vergesel om die OTM te gaan herstel nadat ’n fout aangemeld is.

Die wagte was gewapende escorts vir die tegnikus.

Voor dié voorval was dieselfde tegnikus en securities by die Westgate Mall in Mitchells Plain om ’n OTM daar te herstel. Hulle is daarna na die een in die Strand wat herstelwerk benodig het.

Omdat hulle nie saam gery het nie, was die tegnikus voor die guards in die Strand.

Dit is omdat hulle glo ’n ander taak in Khayelitsha gehad het. Die guards het opgedaag en vir die tegnikus die sleutel gegee om die OTM te herstel. Toe hy klaar was, het hulle hom glo teruggedwing in die OTM se kluis in en met vuurwapens gedreig. Hulle het hom beveel om die OTM oop te maak.

Weggekom

Son verneem om die OTM oop te maak, moet ’n kode uit Johannesburg verkry word, wat toe gebeur het.

Die guards het met sowat R500 000 weggekom.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters