2 jaar gelede
Geld dryf ou
blou golf: Die taakmag verlaat die gebou kort nadat hulle Beven Abrahams gekalmeer het.  ~ 

GELD wat na bewering stuk-stuk uit sy rekening weggeraak het, was die rede hoekom ’n man ’n bank se personeel met ’n vuurwapen gedreig het.

’n Woedende Beven Abrahams, oorspronklik van Worcester, het Woensdag met ’n vuurwapen by Capitec in Bellville ingestap.

Hy is na bewering reguit na die bank se personeel­afdeling, vermoedelik om sy eks-girlfriend, ’n werker van Capitec, te expose.

Abrahams het vermoed dié vrou gaps geld uit sy rekening. ’n Betroubare ingeligte na aan hom sê hy mis al geruime tyd plek-plek geld wat hy by die bank belê het.

Die ingeligte sê die bestuur van die bank het hulle nie aan hom gesteur nie.

Volgens die ingeligte is Abrahams onlangs uit sy werk. Hy het toe ’n vet uitbetaling gekry.

Dis van dié geld wat hy belê het.

Abrahams het vir die Stad Kaapstad se metropolisie gewerk.

Die ingeligte vertel: “Hy het aangehou hulle moet sê waar sy is. Al wat hy wou weet, is wat van sy geld geword het.”

Volgens die kennis het Abrahams niemand as gyselaar aangehou nie.

Die kennis sê: “Toe hy die vuurwapen uithaal, het hy dit op niemand gerig nie.

“Hy het homself in ’n kantoor toegesluit en gedreig om selfmoord te pleeg.”

Die vuurwapen was wel onwettig, sê die bron.

Volgens die kennis is Abrahams reeds kniediep in die skuld en die missing geld het sy finansies net nog leliker geknak.

Die kennis verduidelik: “Hy’t ook ’n klomp geld verloor deur in get-rich-quick-skemas te belê.”

toneel: Lede van die polisie praat met ’n vrou buite die bank.

Terwyl die taakmag Woensdag probeer het om Abrahams te kalmeer, het die polisie ’n vrou na die toneel gebring.

Kort hierna het die taakmag Abrahams ongeskonde uit die gebou begelei.

Charl Nel, Capitec se hoof van kommunikasie, sê hulle weet ’n gewapende man het hulle personeel gedreig.

Nel sê: “Capitec Bank se werkers is ontruim en geen werker of kliënt was in gevaar nie.

“Die polisie het die area afgebaken.”

Nel het geen ander vrae beantwoord nie en verdere navrae na die polisie verwys.

Jan Kruger, ’n kommunikasiebeampte vir die Stad Kaapstad, het bevestig Abrahams was daar in diens.

Konst. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder het bevestig Abrahams sal vandag in die Bellville-landdroshof verskyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters