Verlede maand
‘Gee nóg aandag aan GBV'
VRA HULP: Sydney en Beverly Schalk sê die GBV-kwessies in hul gemeenskap kort aandag.  ~ Jonathan Lestrade

LAMBERTSBAAI. – Daar moet ’n groter fokus op kwessies rondom gender-based violence (GBV) in hul gemeenskap wees.

Die gemeenskapsaktiviste Sydney en Beverly Schalk vertel aan Son die gemeenskap se probleme met dwelms en drank gaan gepaard met geweld teen vroue en kinders.

Dié twee meen as daar meer fokus op die kwessie geplaas was, sou die moord op Lizel Toontjies verhoed kon gewees het.

“GBV, dwelms en drank loop hand aan hand, want daar is geen ondersteuningstrukture rondom dit nie,” meen Beverly.

Lief

Die Schalk-egpaar sê hul pleidooi is dat organisasies wat deur die regering befonds word, hul fokus op GBV moet plaas.

“Help ons kinders, help ons mense. Niemand maak ’n kind groot om op tik te gaan of abusers te word nie. Die moord moet na gekyk word, want hy was haar boyfriend en hulle was lief vir mekaar.

“Maar as GBV aandag gekry het, kon die hele moord miskien vermy geword het,” laat Beverly hoor.

Kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, bevestig die voorval en sê die 30-jarige verdagte sal binnekort in die Clanwilliam-landdroshof op ’n klag van moord verskyn.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters