14 dae gelede
Gebrande lyk skok mense
Kayamandi lyk
‘N verbrande lyk is Dinsdagoggend in die bosse in Kayamandi gevind.  ~ Facebook

DIE gemeenskap van Khayamandi is geskok oor ’n gru-ontdekking Dinsdagoggend.

’n Persoon se uitgebrande liggaam is in ’n drein in die Thubelitsha-omgewing gevind.

Volgens Zola Ndlasi, ’n gemeenskapsleier, het die wrede ontdekking paniek gesaai onder inwoners in Luyolostraat.

Dit is veral omdat daar nie toilette is nie en mense hulle besigheid buitekant moet doen.

Kapt. FC van Wyk, ’n polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig.

“Die liggaam van ’n persoon is deur die publiek gekry in Luyolostraat, Thubeli­tsha in Kha­yamandi,” sê hy.

“Met die polisie-lede se aankoms op die toneel het hulle ’n verbrande lyk gekry.”

’n Moordsaak is deur die polisie geopen vir ondersoek.

’n Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorledene se ras, geslag en die oorsaak van dood te bepaal.

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters