Verlede jaar
Gebrande lyk op tiep gekry
Vermis: Deoline Demas was ’n week weg voordat haar uitgebrande lyk gevind is. Foto Verskaf  ~ 

VERMOOR, uitgebrand en op ’n tiep gedump.

Dít is die tragiese einde van ’n tienermeisie van Wellington.

Deoline Demas (16) is op 7 Junie laas lewend gesien.

Haar lyk is op 15 Junie by ’n dumping site in Wellington gevind nadat ’n man glo gebieg het oor wat met haar gebeur het.

Volgens die Women on Farms Project (WFP), ’n organisasie wat hom daarvoor beywer om mense te help wat van plase afgesit word, is Deoline se mense in Desember 2015 van die plaas Soetendal afgesit.

Die gesin Demas was onder ’n groep wat toe na ’n plakkerskamp in Wellington geskuif is.

“As Deoline en haar gesin nie na die plakkerskamp geskuif was nie en nog op die plaas gewoon het, sou sy nog geleef het,” lui ’n verklaring deur die WFP.

Deoline se ma, Elzaan Demas, sê hulle was onder die indruk dat Deoline miskien­ by familie op die plaas Olyfboom gaan kuier het.

Gebel

Die ma sê: “Sy is die Donderdag weg.

“Ons het Vrydagoggend na die plaas toe gebel, maar die familie daar het gesê sy is nie daar nie.”

Sy sê toe hulle Saterdag die polisie bel, was daar nie ’n vangwa beskikbaar nie.

“Sondagoggend het ons ’n taxi na die Wellington-polisiekantoor geneem om haar amptelik as vermis aan te meld.”

Deoline se verbrande lyk is teen die einde van die week op die stortingsterrein gevind nadat Lorenzo van Rooyen, ’n familielid, bos gelos het oor wat gebeur het.

Volgens sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, het die man reeds op aanklag van moord verskyn.

Hy het gister weer in die Wellington-landdroshof verskyn. Die saak is uitgestel vir ’n borgtog-aansoek.

Rebecca Mort van die WFP sê hulle het reeds ’n petisie by die hof ingehandig om borgtog teen te staan.

Die saak is Donderdag weer in die hof.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters