20 dae gelede
Gebliksem oor ‘misverstand’
KOOI TOE: Andrè Daniels sê hy is só liederlik aangerand dat hy met groot moeite uit die bed kom.  ~ Foto Verskaf

DIE een oomblik was hy en sy twee vriende nog op pad om burgers en tekkies te gaan koop.

Andrè Daniels sê toe hy hom weer kry, toe skiet ouens op hulle en rand hulle aan.

Hulle het later uitgevind dit was die polisie, sê hy.

Die shebeen-eienaar van Bellville-Suid het aan Son vertel die cops het hulle vir dwelm- en diamantsmokkelaars aangesien.

Volgens Daniels het die polisielede hulle vermom sodat ’n mens nie kon sien hulle is cops nie.

Gewoonlik

Hy vertel: “Ons het in die parking lot by N1 City Mall aangekom. Die driver van ons kar het die wit Quantum- taxi herken waarin hulle (die polisiebeamptes) gesit het.

“Hy het gedink dis die taxi waarmee sy vriend gewoonlik ry.

“Toe hy by die taxi kom, het hy die driver gevra waar sy vriend is. Die driver het gesê hy is agter in die taxi.

“Toe hy daar kom, was daar niemand in nie. Skielik was die driver bo-op hom met ’n gun en hy het ’n mussie ook opgehad. Ons het gedink dis ’n rooftog. Nog iemand het aangekom en ons het gedink dié persoon gaan hom skiet.

“Ons was bang, want ons het gedink dis gangsters. Ons het eers agterna uitgevind dis cops.”

Volgens Da­niels het die securities hulle uitgejaag. Die polisie het hulle toe gekry en hulle moes op hul maag lê.

Hulle is geslaan en sy ribbes is in die proses gebreek, sê hy.

Daniels sê die cops het hulle beskuldig dat hulle met dwelms of diamante smokkel – iets wat gereeld in daardie area plaasvind.

“Ek het hulle gevra hoe dit moontlik is, want ons het dan slippers aan.

“As ons met verkeerde dinge sou besig wees, sou ons mos nie dít gedra het nie. As ons in die moeilikheid sou kom, sou ons mos nie kon weghardloop nie” verduidelik die erg beseerde Daniels.

Volgens Daniels het die vermeende cops sout in hul kar geplant en voorgegee dis tik.

Nadat hulle ’n naweek in die selle deurgebring het, is die saak eers twee weke later in die hof uitgegooi, sê hy.

Volgens Daniels het hy ’n prokureur genader en hy beoog om verdere stappe te doen. Hy beoog om ’n aanrandingsklag teen die betrokke cops te lê.

Meer Stories

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters