8 dae gelede
GBV-klag lewer handgranaat op
Handgranaat in Hanover Park gevind.
'n Handgranaat is by 'n huis in Hanover Park gevind.  ~ Foto Verskaf

’N KLAG van huishoudelike geweld in Hanover Park het gelei tot die ontdekking van 'n stoorplek vir gangsters se vuurwapens en 'n handgranaat.

Die stoorplek is Sondag deur die Stad Kaapstad se LEAP-beamptes, wat aan die wetstoepassingseenheid verbonde is, gekry. 

Volgens Wayne Dyanson, hoof van die eenheid, was die beamptes Sondag besig met patrolliedienste toe ’n lid van die publiek hulle genader het. Die vrou het by die beamptes gekla dat haar ma aangerand word deur die ma se man.

 “Toe die beamptes by die huis kom, was die man klaar weg van die huis af.”

Die beamptes het toe ’n wenk ontvang dat die man wapens vir bendes in ’n hut stoor.

 “Die beamptes het op ’n handgranaat afgekom en dadelik die plek afgeskort.” Die toneel is aan die polisie se bomb sqaud oorhandig. 

Volgens Dyason is die granaat een wat die polisie gebruik om te oefen. Die granaat maak ’n helse geraas en flits, maar is nie dodelik nie.

Die polisie ondersoek die saak verder.

Inwoners word aangeraai om voort te gaan om met die LEAP-beamptes saam te werk. 

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters