28 dae gelede
Gay ou is dalk preggies
GROOT saamtrek: Elteaze Meiring gaan bos los oor die “gay wat swanger is”.Foto: keith meyer  ~ 

WANNEER Calitzdorp se gays in Oktober hulle eerste gay-saamtrek hier hou, gaan hulle die land met ’n “bom” skok.

Só belowe Elteaze Meiring, main organiser van dié Suid-Kaapse gay show.

Hy vertel: “Ons is hard besig met die beplanning. Ons wil dit in die stadsaal in die dorp hou en dit sommer ’n grand affêre maak.

“Maar die main ding is: Ons gaan bekend maak dat een van ons gay deelnemers pregnant is! En ek weet die mense sal lag, maar ons het die bewyse.

“Daai gay toon reeds die tekens van swangerskap. Hy raak naar in die oggend.

“Sy periods bly al twee maande weg. En hy is in ’n relationship met sy life partner.

“Maar ons gaan nie nou al die game weggee deur die persoon te identifiseer nie. Mense sal maar moet kom kyk wanneer ons die pregnancy test daardie aand voor almal gaan doen.”

Volgens Morné, Elteaze se partner, het gays van oral in die Suid-Kaap nou reeds aangedui hulle gaan in groot getalle opdaag.

Elteaze sê: “Die plaaslike gemeenskap het ons reeds aanvaar soos ons is. Soos ek en Morné. Ons is ’n couple, finish en klaar.

“Die gemeenskap support ons. Daarom is ons dorp net die regte plek om die groot nuus van ’n pregnant gay te breek.

“Julle beter sorg dat julle ook daar is, anders gaan die ander koerante julle hoofstorie onder julle neus uit steel.”

Lewer kommentaar op hierdie artikel
10 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters