2 maande gelede
Gangsters woed weer in Strand
misdaad: Cops is nog besig met hulle ondersoek kort nadat die moord gepleeg is.Foto: IAN BAARD  ~ 

NÁ TWEE stil weke het bendegeweld in die Strand weer opgevlam.

’n Man is gister in Liberty­straat afgemaai. Volgens die polisie het die voorval omstreeks 12:00 gebeur toe Habeed Fagrodien vier keer in sy kop geskiet is. Hy is op die toneel dood.

Hy was ’n getuie in ’n moordsaak. Cops het kort ná die skietery ’n man op ’n fiets in Vyfde Straat aangekeer met ’n vuurwapen in sy besit.

Die vuurwapen sal nou vir ballistiese toetse gestuur word.

Verlede jaar was daar ook ’n aanslag op die oorledene se lewe toe hy in Boschstraat in die been gewond is.

Gehuil

Die polisie soek nog ’n man wat met die misdaad verbind word.

Mense het saamgedrom op die toneel en gehuil.

Gafieda Baderoen, wat die oorledene grootgemaak het, moes deur ’n groep cops weg van die toneel gelei word oor dit vir haar een te veel geraak het.

Shamiela Wantza, die oorledene se suster, sê haar broer was ’n nice mens.

Sy sê: “Hy het niemand leed aangedoen nie.”

  • Mense met inligting word versoek om lt.kol. Franklin Plaatjies by 080 469 3359 te bel.
Lewer kommentaar op hierdie artikel
1 reaksie
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters