13 dae gelede
'Gangster' in hof na moord op bendeleier
’n Staatsgetuie vertel die cops alles van die Terrible Joster-bende.  ~ Foto ter Illustrasie

'N VERMEENDE lid van die Fancy Boy-bendes word van die moord op die vermeende Americans-bendeleier Adenaan Cloete aangekla, asook poging tot moord op twee ander persone.

Faizel Ovis het Woensdag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

Die hof het aangehoor dat die 32-jarige bekend is aan sy drie slagoffers, wat hy Vrydag buite 'n masjiet op geskiet het.

Eric Ntabazalila, 'n woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, sê die staat het genoem dat die slagoffer het die man omstreeks 14:30 'n oproep sien maak. "Dit was kort nadat hy hulle gewaar het.

"Terwyl hulle in hul voertuig geklim het, het Ovis en sy medepligtige na die slagoffers gestap en verskeie skote afgevuur." 

Ovis is Maandag gearresteer, toe lede van die anti-gang unit 'n operasie in Heideveld uitgevoer het.

Sy arrestasie kom drie dae na die bloedbad op die hoek van Mars en Parkstraat.

Ovis se saak is tot 9 November vir borgtogaansoek uitgestel.

Nog geen verdere arrestasies is gemaak nie. - News24

Lewer kommentaar op hierdie artikel
0 reaksies
Lewer kommentaar
Kommentaar 0 oorblywende karakters